Voëlvry – Die Toer

Voelvry - Die ToerWhen Lloyd Ross asked me to write something for the sleeve of this album, I refused at first. Though I loved the idea of a Voëlvry Live release – the idea really made sense, especially in the light of the renewed interest in that period today – I felt I had nothing left to add.

Yet after listening to the live takes, I must admit I felt more personally involved. The original live performances were so much more vibrant that I remembered. I used to play down the whole Voëlvry experiences with lines like “there was nothing really alternative about our music, it was all straightforward rhythm and blues” or “in a small way, we changed Afrikanerdom from the inside”. In truth, I fluctuated between this kind of quasi-modest approach and the more grandiose attitude of my own autobiography, Seks, Drugs & Boeremusiek, in which I sort of claimed that the fall of the national party was due to our music (the same kind of megalomania Rodrigues suffered from when he penned the words “The system’s gonna fall soon to an angry young tune”).

More than anything else, relistening to the actual Voëlvry concerts, material I had not actually heard for so many years – many of these songs were never included on the more well-known albums of the period! – brought back a wealth of memories, some pleasant, others heart-wrenchingly acute, even painful.

Ek onthou eindelose nagte, after-paarties in klein dorpies, koue hamburgers haastig backstage geëet. Roadblocks in die Vrystaat. Amperse arrestasies in Port Elizabeth. Doodsangs in die Drie Gewels. Full houses van die Kaap tot in Transvaal. Stink sokkies, oorvol kombi’s, daggawalms, woede en vertwyfeling. En vriendskappe gesmee in die hitte van die stryd: vriendskappe wat in sommige gevalle vir altyd sou aanhou… Piet Pers wat met koeie en honde praat langs die pad in albei offisiële landstale…bottels en bottels en bottels, Tassies en whiskey en cane en alles onder die son…

Ja, dis waar, die Voëlvry-Beweging was deksels belangrik. Om hoofsaaklik twee redes, besef ek nou: eerstens, al die opposisie teen die heersende regering van die dag in daardie tyd het gekom van sogenaamde “volksvreemde elemente”. Nusas was volksvreemd (in Afrikaner-terme), want hulle was Marxisties en Engels. Die Struggle het bestaan uit swartmense. Selfs die individuele protes deur Afrikaanse mense soos Breyten Breytenbach en van Zyl Slabbert was volksvreemd, want hulle het slegs hier en daar ‘n cult following gehad onder die lefties. Die groot gemene deler van Afrikanerdom was onaangeraak deur hierdie protes. Hulle was bankvas agter P.W. Botha. Tot ek, Dirk en Johannes op die toneel verskyn het. Tot met Bernoldus Niemand se liedjie “Hou My Vas, Korporaal”.

Toe, ewe skielik, het jong Afrikaanse studente begin boogie. Net so skielik het weermag-dienspligtiges begin voel (of nie meer bang gewees om dit hardop te sê nie): “Ons is gatvol.” Met Voëlvry het ons die vuur by die oumense gaan steel. Ons het geprotesteer teen die N.P. sonder om ons Afrikanerskap prys te gee. Ons het nie die ossewa weggeooi of afgeskryf nie; ons het hom ‘n facelift gegee, ons het hom oorgepaint en met ‘n V8-enjin toegerus. Dit was die een soort aanval waarop die Bothas nie voorbereid op was nie. Wat hulle nooit verwag het nie.

In die tweede plek was die Voëlvry-beweging, hoewel dit deur die media raakgesien is as ‘n uitsluitlik Afrikaanse fenomeen, ‘n eerste, lomp uitreiking van jong Afrikaners na mense van ander nasionaliteite met die doel om hulp en samewerking te vra ter wille van ‘n noodsituasie in hulle eie kultuur. Ek wil nie voorgee dat die rock’n roll-revolusie in Afrikaans volledig multiracial was nie: die tye was nie reg nie. Eers later sou Laurika en Vusi begin saamsing, sou die KKNK bruiner begin word, sou Oppikoppi swart jazz-musikante in noemenswaardige hoeveelhede op hulle Bosveld-verhoë toelaat. Dit was hoewel, prematuur, ‘n ideaal wat ons toe al gekoester het: ons wou nie net “alternatief Afrikaans” wees nie, ons wou fokken nasiebou toepas! Ja, en die Toer is juis afgepull met behulp van mense aan die buitekant van ons kraal. Ons het hulp gekry van die George, die Griek, die eienaar van die Black Sun-teater. Ons klankingenieur, Bongani, was swart. By ons eerste show saam in die Pool Club is ons bygestaan deur The Genuines. Byna die helfte van die musikante op die Voëlvry-toer was Engelssprekende Suid-Afrikaners: manne wat later bekend geraak het as Bernoldus Niemand, Piet Pers, en dies meer. Ons het deur die kulturele isolasie gebreek, ons het die tuinhekkie van Afrikanerdom afgebreek en die straat af gehardloop op soek na nuwe vriende om ons eensaamheid en ons woede mee te deel.

En sulke vriende was daar. Ons was nie teleurgesteld nie.

In these liner notes I feel compelled to thank my friends who came to our rescue in those troubled times. Not only those who were not Afrikaans-speaking, but all those to whom freedom was more important than language or personal ideals. Thank you, Tjaart. Dankie, Willem. Dankie, Jannie. Thank you, Boogie. Thank you, Lee. Dankie Piet and Hanlie. Thank you, Dirk – you were an outsider, and you are still one now. Some of us will never be cured, we will always retain our positions of rage and pride.

Ons was kinders toe, ons was nog jonk, en ons was bang, skytbang, want ons was nie seker wat ons wou doen nie. Ons het net een ding geweet, en ons is deur net een idee saamgesnoer: dat ons helder en duidelik
“Nee” sê aan die Botha’s. Die feit dat party van hierdie liedjies vandag nog waarde het – ek dink besonder aan Johannes se “Gee Jou hart Vir Hillbrow” is ‘n bonus beyond woorde.

Daar was natuurlik ‘n ander dividend ook, en ek wil dit ietwat huiwerig byvoeg, reg aan die einde (uit vrees vir beskuldigings van grootheidswaan): ek voel dat ons klein revolusietjie van jare gelede, hoewel dit nie eiehandig die N.P.-regime tot ‘n val gebring het nie, tog iets groters en permanenter tot gevolg gehad het: die geleidelike herontwerp van ons ganse kulturele landskap. Indirek, as gevolg van Voëlvry, is daar vandag ‘n ontploffing van local musiek, ‘n swetterjoel kultuurfeeste, ‘n opbloei selfs in die letterkunde en alle kunste. Hiervan was Voëlvry die eerste stuiptrekkings.

Een van die dae, wie weet, is die hele Suid- Afrika een groot Sophiatown.

I am indeed proud to have been a part, and to still form a part, of the wide thrust of this larger movement.

Nasiebou, ek sê!

Of overgezet zeinde: eet nog kreef!

Koos Kombuis

1989/1990: Dit was ‘n kak tyd; dit was ‘n kwaai tyd. ‘n Kak tyd, want almal was gatvol vir die Ou Ooms in die Suid-Afrikaanse regering en die geweldkultuur wat hulle geskep het in hulle stryd om apartheid af te dwing. Die jonges was nie net gatvol oor die uiters bedenklike politiek van die tyd nie, maar ook vir die hele Afrikaanse kultuur en die manier waarop hulle grootgemaak is: om met oogklappe deur die lewe te gaan; nie vir hulleself te dink nie; om gebreinspoel te word om te glo dat alles wat anders is uit die bose is; om behandel te word asof jy ‘n blote skaap is.

‘n Kwaai tyd, want in die Afrikaanse musiekwêreld het daar ‘n moerse beroering gekom; ‘n revolusie in die kleine teen al die onreg en breinspoeling en indoktrinasie en kultuur van middelmatigheid en oppervlakkigheid. Aan die spits van die Voëlvry-beweging was Bernoldus Niemand (James Phillips), Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band en André Letoit/Koos Kombuis. In hul musiek is al die valsheid en pretensie van die Afrikaanse kultuur genadeloos ontmasker; het hulle uitgewys hoe mense dekades lank aan hulle neuse rondgelei en mislei is. Hulle het op toer gegaan en Suid-Afrika op horings geneem. Duisende mense het na die konserte gestroom. Op die meer koekerige plekke, soos Potchefstroom, is hulle konserte verbied. Hulle is deur die Veiligheidspolisie geïntimideer. Hulle liedjies is ook deur die SAUK verbied.

Veral snaaks en lagwekkend was die reaksie van die meer gevestigde Afrikaanse musiekmakers op Voëlvry – hulle het baie bedreigd gevoel. Die pa van ‘n sangeres wat oor seemeeue en sonskyn en die liefde en die lewe sing, het probeer om ‘n joernalis wat positief oor Voëlvry (en die latere Houtstok) geskryf het op agterbakse maniere uit sy werk te kry. ‘n Blonde klavierspeler het oor die radio gekla dat die Voëlvry-mense musikaal nie goed genoeg is nie en dat daar “nie genoeg akkoordprogressies” in hulle werk is nie. Kort voor die eerste Houtstok-musiekfees, wat ‘n uitvloeisel was van Voëlvry en waar Voëlvry-kunstenaars ook opgetree het, het die aanbieder van ‘n musiekspeletjieprogram Saterdagaande op TV saam met twee singende broers wat predikante (of kapelane, pastore of so iets) was ‘n smeerveldtog teen die kunstenaars begin deur selektiewe aanhalings uit hulle lirieke op die voorblad van die konserwatiewe koerant Die Transvaler te laat plaas en ouers te waarsku daarteen. Ander sangers het skaamteloos op die bandwagon gespring, verspotte etniese klere begin dra en liedjies begin skryf oor dieselfde temas wat die Voëlvry-kunstenaars aangeraak het.

En nou vir die eerste keer op CD kan gehoor word hoe lekker mal dit gegaan het by die Voëlvry-konserte – Johannes Kerkorrel se skerp en gevatte ontmaskering van die Afrikaner-bourgeoisie (BMW, Energie, Sit dit af), André Letoit/Koos Kombuis se eiesoortige humor, Bernoldus Niemand se aweregse sinisme. Saam met hulle was Willem Möller (kitaar), Piet Pers (baskitaar), Hanepoot van Tonder (tromme en tromboon) en die sensasionele, sensuele Karla Krimpelien (agtergrondsang en tamboeryn). Alles op ‘n kleurryke verhoog, onverbeterlik ontwerp deur Catharina Klinknael. Hulle almal het toffie gewys vir die mislike Oubase, ‘n nuwe energie laat posvat onder jongmense en die Afrikaanse kultuurtoneel onherroeplik verander. – Theunis Engelbrecht